93ste Oscar-toekenningsaand

  93ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 25 April 2021
Plek Union Station en
Dolby-teater, Hollywood
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Nomadland
Beste regisseur  Chloé Zhao
Beste akteur  Anthony Hopkins
Beste aktrise  Frances McDormand
Meeste pryse  Nomadland (3)
Meeste benoemings  Mank (4)

Die 93ste Oscar-toekenningsaand is deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Union Station en die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om met Oscars, ook bekend as Academy Awards, erkenning te gee aan die rolprente van 2020 en vroeg in 2021.

Dit is op 25 April 2021 gehou – twee maande later as wat aanvanklik beplan is, weens die uitwerking van Covid-19. Daarmee is die tydperk waarin rolprente in aanmerking kon kom tot 28 Februarie uitgestel. Die benoemdes is op 15 Maart 2021 aangekondig.[1] Die Suid-Afrikaanse dokumentêre film, My Octopus Teacher het die toekenning gewen vir die beste dokumentêre film.[2]

  1. "The Academy and ABC Set April 25, 2021 as New Show Date for 93rd Oscars®". Oscars.org. 15 Junie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2021. Besoek op 5 Februarie 2021.
  2. 2021|Oscars.org

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy